Wanneer sneeu koors ons tref hier in Hogsback, kan ons nie onsself help nie-ons moet net dans, dans ,dans!! En hier by die Lighthouse Ranch kry jy die lekkerste van lekker ou and nuwe boere musiek vibes diekant van die Groot Vis Rivier!! As julle my nie glo nie, dan moet julle met ons speakers kom kennis maak! Dis super groot en kan tot die bobbejane bo-op die Hogs a ligte rilling gee!
Natuurlik sal ons heerlike nuwe spyskaart seker maak dat jou maag vol is en jou energie vlakke hoog bly!! Julle is welkom om te kom langarm sokkie, al eet julle nie hier nie! Ons binnehuise kaggel sal die sneeu koue buite stoot sodat die hitte in die voete die hitte in die hart kan komplimenteer! Ons musiek lys (soos ons kos) is legendaries. Dit is spesial gekies deur warmbloedige jong knaters wat al tevore die vloer aan die brand gedans het. So kom sokkie saam op die maat van egte regte boere musiek!!
0 Comments
Leave a Reply. |
Hogsback Winter Celebration:
|